Sunday 21 June 2009

Nuwe begin


Hierdie naweek was 'n gewerskaf van 'n ander aard. Vrydag het ek moeg van die hospitaal af gekom en moes dadelik inval by die groot trek van Bellville na Stellenbosch wat reeds in volle swang was. Hierdie is my nuwe huis op die mooie Stellenbosch en dis maar 'n aanpassing om weer alleen te moet woon.

Gelukkig het my ouers, Marlena, Christof en Jurgen die hele trek soveel makliker gemaak. Om nie te praat van al die goedjies waarmee gehelp is nie... en al die goed wat ek present gekry het nie. Ook maar goed so, want met dit wat ek gehad het, kry minimalisme 'n hele nuwe betekenis.

Mag die nuwe fase in Stellenbosch wonderlik en suksesvol wees!

(Krediet vir die mooi foto gaan aan Marlena, wat altyd sorg dat sulke oomblikke vir die nageslag bewaar word!)