Sunday 21 June 2009

Nuwe begin


Hierdie naweek was 'n gewerskaf van 'n ander aard. Vrydag het ek moeg van die hospitaal af gekom en moes dadelik inval by die groot trek van Bellville na Stellenbosch wat reeds in volle swang was. Hierdie is my nuwe huis op die mooie Stellenbosch en dis maar 'n aanpassing om weer alleen te moet woon.

Gelukkig het my ouers, Marlena, Christof en Jurgen die hele trek soveel makliker gemaak. Om nie te praat van al die goedjies waarmee gehelp is nie... en al die goed wat ek present gekry het nie. Ook maar goed so, want met dit wat ek gehad het, kry minimalisme 'n hele nuwe betekenis.

Mag die nuwe fase in Stellenbosch wonderlik en suksesvol wees!

(Krediet vir die mooi foto gaan aan Marlena, wat altyd sorg dat sulke oomblikke vir die nageslag bewaar word!)

Tuesday 21 October 2008

FCPaed(SA)


Op hierdie blye dag het ek my spesialis eksamen in Pediatrie geslaag!

Wednesday 17 September 2008

Uiteindelik















En uiteindelik breek my dag toe aan: my nuwe vleuelklavier is vandag afgelewer.

Danksy Gerhard het ek nou die dag na klaviere gaan kyk in Stellenbosch, en toe staan hierdie een daar wat eintlik vir iemand anders bestel was. Gelukkig vir my het die mense nooit die klavier kom optel nie, en toe word hy aan my verkoop. 

Die bank moes maar bontstaan, maar hulle het darem ingestem en die lening toegestaan.

Model: Yamaha C1 (5'3"/161cm)

Wednesday 27 August 2008

First impressions: Beethoven Piano Sonatas - András Schiff

I bought as much of this new series of Sonatas as I could get hold of after listening short excerpts. Mr Schiff provides a wonderful, new and fresh interpretation of these great works, and impresses with his great technical ability, but also truly sensitive playing. Unfortunately, he tends to spoil some of the wonder by literally hammering out his fortissimo passages in a way that might even surprise and upset those of us who value interpretation that is true to the presumed style of playing prevalent during Beethoven's lifetime. 
Playing is (as mentioned by another reviewer) sometimes unexpectedly sluggish. 

The thing that clearly stands out is his playing of the slower movements which is crisp, but gentle with wonderful consideration of melodic lines. 

But this collection of discs will probably do for the Beethoven Piano Sonatas what Anne-Sophie Mutter and Lambert Orkis did for the Beethoven Violin sonatas with their recent recordings: providing a new sound and fresh interpretations to some of the most wonderful music ever composed.

Saturday 23 August 2008

Baguette

Nog twee foto's van die binnekante. Het vandag baie mooi taai gekom, met 'n lekker sagte binnekant, en die crispy bokant. Ons het sommer al 2 opgeëet. Vandag se deeg het gisteraand begin as 'n pre-fermentasie van 100g meel, 100mL water, 0.25mL gis (en 0.25mL suiker vir 'n bietjie kroek), en toe vanoggend die verdere 750g meel, 450mL water en 2.25mL gis en 15mL sout. M.a.w. hidrasie van 64,7%. 

Baguettes


My tweede poging. Kan nie wag dat dit afkoel nie!

Friday 22 August 2008

Eksamen


Net 10 dae oor!